Fikile: Zimbabiërs moenie in SA se sake inmeng
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, maan Zimbabwiërs om nie in Suid-Afrika se binnelandse aangeleenthede in te meng nie. Volgens hom behoort Zimbabwiërs na hul tuisland terug te keer om aan die komende verkiesings deel te neem. Mbalula sê die onwettige verblyf van Zimbabwiërs staan einde se kant toe aangesien hulle nou ʼn oorlas vir die regerende party is.