Impak van dwelmverslawing is enorm

Drie Namibiërs is in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel. Op die pad tussen Aroab en Keetmanshoop is twee mans glo met 47 Mandrax-tablette gearresteer en op Mukwe is ‘n man met 10 kilogram dagga vasgetrek. Vandag word die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel herdenk. Die Verenigde Nasies sê die dwelm-oorlog kan tot ‘n beduidende mate as ‘n oorlog teen mense verstaan word. Die impak daarvan is die grootste op diegene wat in armoede leef. Die voormalige hoof van die Namibiese polisie se dwelm-eenheid, Hermie van Zyl, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die impak van dwelmverslawing…