DA vra weermag om boubedryf-mafia hok te slaan
Die DA vra die weermag om die boubedryf-mafia hok te slaan. Die party se Gautengse woordvoerder vir infrastruktuur-ontwikkeling, Alan Fuchs, sê georganiseerde misdaadgroepe het bouprojekte in verskeie dele van die land afgepers, wat vertraagde voltooiing veroorsaak het. Meer as drie miljard Suid-Afrikaanse rand is verlore omdat hierdie mafia-groepe intimidasie-taktiek gebruik het om 30 persent van die kontrakwaarde af te pers van bou-ondernemings aan wie kontrakte toegeken is. Fuchs sê die regering doen nie genoeg om sindikate wat die bedryf ondermyn, hok te slaan nie.