Cyril sal later sê of Putin Brics-beraad sal bywoon

President Cyril Ramaphosa sê ‘n aankondiging sal binnekort gemaak word of die Russiese President Vladimir Putin die Brics-beraad in Augustus sal bywoon. Suid-Afrika is gekritiseer oor sy sogenaamde neutrale benadering tot die oorlog tussen Rusland en Oekraïne en staar moontlike sanksies deur Amerika in die gesig oor die kwessie. Ramaphosa het in sy slotopmerkings by die ANC se Wes-Kaapse konferensie gesê die land sal voortgaan om sy onafhanklike buitelandse beleid te handhaaf.