AR dien petisie in oor stoomroller van konsepwette

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het ‘n dringende petisie teen die stoomroller van wetsontwerpe in die parlement ingedien. Verskeie opposisiepartye en organisasies het hul kommer uitgespreek oor die haas van kabinetsministers om kritieke wetsontwerpe vir wysiging in die Nasionale Vergadering voor te lê. Dit is skynbaar om te voorkom dat Namibië deur die Finansiële Aksie-taakspan op die gryslys geplaas word, soos Suid-Afrika. Daar is 11 wette wat ingevolge die taakmag aangepas moet word, met twee nuwes wat geskep moet word. Aktivis George Kambala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy vra waarom die konsepwette nie lankal ingedien is nie?