Zim kan nie meer las wees vir buurlande – Chamisa

Die Zimbabwiese opposisieleier, Nelson Chamisa, sê die land kan nie aanhou om ‘n las en ‘n kopseer vir sy buurlande te wees nie. Hy het ondersteuners in Johannesburg toegespreek in die aanloop tot die Augustus-verkiesing in die land. Chamisa sê Zimbabwe is ‘n grootse nasie wat geseënd is met minerale hulpbronne. Hy het ‘n beroep op Zimbabwiërs in Suid-Afrika gedoen om huis toe te kom en in die verkiesing te stem.