Wagner-leier na Belarus verskuif

Die rebelleleier van ‘n Russiese Wagner-huursoldategroep gaan na Belarus verskuif en strafregtelike klagtes teen hom gaan opgehef word. Die Kremlin het die aankondiging gedoen ná die Wagner-leier, Yevgeny Prigozhin, sy vegters teruggetrek het van hul opmars na Moskou. Die ooreenkoms, wat insluit dat die vegters nie vervolg sal word nie, is deur die President van Belarus, Alexander Lukashenko, bemiddel. Rusland het 3 000 elite Checheense troepe opgekommandeer om die huursoldate se aanslag op Moskou af te weer. Pro-Russiese media berig 13 Russiese soldate is in die muitery dood.