Wagner-groep stop sy opmars na Moskou
Die hoof van die Wagner-huursoldategroep, Jevgeny Prigozjin, het Saterdagaand sy magte opdrag gegee om sowat 200 kilometer voor Moskou om te draai om ‘bloedvergieting te vermy’. Die Wagner-groep het ook daarop aanspraak gemaak dat hy beheer geneem het van ‘n belangrike militêre basis in die suidelike Russiese stad, Rostov, en nog ‘n basis by Woronezh, sowat halfpad tussen Rostof en Moskou. Belarus se President, Alexander Lukashenko, het ‘n ooreenkoms met Prigozjin bereik het om sy opmars te staak. Yury Tsvetkov, voormalige eerste sekretaris en pers attaché van die Russiese ambassade in Namibië, het uit Moskou met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…