Visfilette beslaan 71% van uitvoere na Spanje

Handel tussen Namibië en Spanje het aansienlik met uitvoerwaarde van sowat 5 miljard Namibiese dollar binne die afgelope jaar gegroei. Volgens die Namibiese Belggings-bevordering en -Ontwikkelingsraad beklemtoon die versterkende ekonomiese bande tussen die twee lande die toenemende belangrikheid van bilaterale handel en die potensiaal vir wedersyds voordelige samewerking. Die raad se voorsitter en hoof uitvoerende beampte, Nangula Uaandja, sê Namibiese uitvoere na Spanje het ‘n verbysterende groeikoers gesien oor die afgelope jaar, met die totale uitvoerwaarde wat ongeveer 4,8 miljard dollar bereik het. Die grootste gedeelte van die uitvoere word toegeskryf aan visfilette wat 71 persent van uitvoere na Spanje beslaan.