Vier korrektiewe dienste-beamptes geskors weens smokkelary

Adjunk-kommissaris Veikko Armas van die Namibiese Korrektiewe Dienste het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie onwettige items soos dwelms in gevangenisse in te smokkel nie. Hy sê wat teleurstellend is, is dat onwettige items soms deur korrektiewe dienste-amptenare ingesmokkel word, van wie vier tans geskors is. Tussen Januarie en Junie is 40 selfone, 67 sakkies dagga, 40 stukkies Crack-kokaïen, 42 sakkies Mandrax-tablette en tabak gevind en gekonfiskeer. Sommige van hierdie items is onderskep voordat dit die gevangenisse kon ingegaan het. Dit word ingesmokkel deur dit in die Bybel te pas, of in toiletware, kussings, kosblikke, emmers, strykysters, skoene, bottels en blikkies.