Rugby: Cheetahs kraai koning in Curriebeker
Rugby: Die Cheetahs is die nuwe Curriebekerkampioene na hulle die vorige seisoen se wenners, die Pumas, met 25-17 in Bloemfontein getroef het. Die gashere se drie drieë is deur Reinhardt Fortuin, Cohen Jasper en Rewan Kruger aangeteken, terwyl die veteraan losskakel Ruan Pienaar tien punte bygevoeg het met twee doelskoppe en twee strafskoppe. Ali Mgjima het die Pumas se enigste drie gedruk. Dit is die Cheetahs se eerste Curriebeker-sege sedert 2019 en die sewende keer in die geskiedenis van die kompetisie dat hulle die beker ingepalm het.