Nominasies vir nuwe NLU-president sluit môre
Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws se ampstermyn kom tot ’n einde nadat hy vir twee volle termyne van twee jaar elk gedien het. Die presidensiële pos vereis ‘n individu wat onbaatsugtig sy eie tyd opoffer om die landbousektor te dien. Benoemings vir die verkiesing van die president kan deur boereverenigings of streekslandbou-unies gedoen word, en moet die NLU kantoor 90 dae voor die jaarlikse algemene jaarkongres van die NLU bereik. Die sluitingsdatum vir die nominasies is môre.