Namibiërs kan nou makliker werk in Duitsland soek ná nuwe wetgewing
Dit is nou makliker vir Namibiërs, veral dié met Duitse bande, om werk in Duitsland te soek. Die Duitse parlement het wetgewing goedgekeur vir nuwe geleenthede vir werksoekers van lande buite die Europese Unie en vir baie vlugtelinge wat reeds in die land is. Onder die wet is ‘n nuwe “geleentheidskaart” en sy gepaardgaande puntestelsel, wat buitelanders wat nog nie ‘n werk in die land gekry het nie, toelaat om vir ‘n jaar na Duitsland te kom om werk te soek. ‘n Voorvereiste vir die kaart sal ‘n beroeps-kwalifikasie of universiteits-graad wees. Die kaarte sal toegeken word aan diegene wat aan ‘n sekere aantal voorwaardes voldoen. Dit kan Duitse en/of Engelse taalvaardighede of bestaande bande met Duitsland wees. Die kaart sal ook tydelike werk vir tot 20 uur per week toelaat terwyl na ‘n vaste werk gesoek word.