Wisselvallige kosverskaffing by hospitale getakel
Die Gautengse gesondheidsdepartement stel pro-aktiewe maatreëls in om voedselvoorsienings-kwessies in gesondheidsorg-geriewe op te los deur ‘n multi-verskaffer-benadering aan te neem. Die vorige praktyk, om op ‘n enkele verskaffer vir verskeie goedere staat te maak, het gelei tot wisselvallige voedsel-beskikbaarheid in hospitale. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die departement finaliseer nou die aanstelling van veelvuldige verskaffers om te verseker pasiëntesorg kom nie in die gedrang deur verskaffers wat nie genoeg vermoë het nie.