Vrou uit Afrika wil klimaatsverandering-paneel leiJune 23, 2023

ʼn Suid-Afrikaanse wetenskaplike hoop om aan die hoof te staan van die wêreld se belangrikste liggaam oor klimaatsverandering. Die Durbanse klimaatsnavorser, professor Debra Roberts, is een van die kandidate vir die pos as voorsitter van die Tussen-regerings-paneel oor Klimaatsverandering, Indien sy volgende maand in Nairobi verkies word, sal sy die eerste vrou uit Afrika in die pos wees. Die paneel word beskou as ʼn noodsaaklike instelling oor klimaatsverandering wat gesaghebbende wetenskaplike verslae lewer. Roberts wys op die toenemende erkenning van wetenskaplikes uit Afrika en hulle bydraes tot die internasionale debat.