Titanic-filmregisseur was bekommerd oor Titan-duikboot

Die Oscar-wenner en regisseur van die fliek Titanic, James Cameron, sê hy was van die begin af bekommerd oor die Titan-duikboot wat na die Titanic gaan se druk in die kajuit. Die OceanGate Expeditions-vaartuig wat Sondag met vyf mense aan boord vermis geraak het, het ingeplof en almal aan boord is dood. Cameron, wat 33 keer na die Titanic-wrak afgeduik het, sê toe hy hoor die duikboot het op dieselfde tyd sy navigasie en kommunikasie verloor, het hy onmiddellik ‘n ramp vermoed.