Tennis: Alcaraz deur na sy eerste grasbaan-kwarteindronde
Tennis: Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz is deur na sy loopbaan se eerste kwart-eindronde op gras ná sy oorwinning oor Jiri Lehecka by die Queen’s Klub-kampioenskap in Londen. Die 20-jarige Spanjaard het sy 21-jarige Tsjeggiese teenstander met 6-2 en 6-3 verslaan. Alcaraz kom nou te staan teen die wêreld se nommer drie, die Bulgaar Grigor Dimitrov, wat die Argentyn Francisco Cerundolo in skoon stelle geklop het. Die sewende gekeurde Australiër Alex de Minaur het Diego Schwartzman van Argentinië met 6-2 en 6-2 afgeransel terwyl die Fransman Adrian Mannarino die derde gekeurde Amerikaner Taylor Fritz uitgeskakel het om die kwarteindronde te haal.