Spertyd vir indien van belasting-opgawes om die draai
Die spertyd vir die indien van inkomstebelasting-opgawes is om die draai. Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner werknemers van die verskillende ministeries, kantore en agentskappe en alle ander belastingbetalers om al hul jaarlikse inkomstebelasting-opgawes voor 30 Junie in te dien. Die Geïntegreerde Belasting-administrasiestelsel, bekend as Itas, is gereed om die opgawes te aanvaar en te verwerk, insluitend die 2022/23-belastingjaar. Itas is in Januarie 2019 geïmplementeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die agentskap se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, gepraat…