Sokker: Banyana Banyana-span vir Wêreldbeker vanaand aangewysJune 23, 2023

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sal vanaand haar finale 23-speler-groep vir die 2023 Fifa-wêreldbeker vir vroue by die Presidensiële Gastehuis in Pretoria aanwys. Die span se 36-speler-groep bestaan uit 14-spelers wat vier jaar gelede in die span se eerste Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gespeel het. Ellis sê dit was moeilik om die finale span te kies en erken dit gaan die uitdagendste ervaring van haar afrigtingsloopbaan wees. Die toernooi sal vanaf 20 Julie gesamentlik deur Australië en Nieu-Seeland aangebied word.