Sakevennoot van Titan-stuurman verdedig hom ná kritiek oor veiligheid

Die voormalige sakevennoot van die stuurman van die Titan-dompeltuig Stockton Rush, Guillermo Söhnlein, verdedig die maatskappy teen die opmerkings en veiligheids-nabetragting van die regisseur van die rolprent Titanic, James Cameron. Cameron wys die vinger na OceanGate Expeditions nadat Rush en vier ander tydens ʼn diepsee-duiktog vermoedelik in ʼn katastrofiese inploffing gesterf het, en sê hulle het veiligheids-waarskuwings verontagsaam. Söhnlein het aan die Britse Times Radio gesê Rush was toegewyd om risiko’s te bestuur en was ten volle bewus van die moontlike gevare van die diepsee-omgewing