Saai- en veeboere oor bibberkoue gemaan

Volgens die Namibiese weerkantoor sal dit hierdie naweek nie te koud wees nie, maar bibberkoud vanaf Maandag oor veral die westelike dele van die land. Koue toestande sal oor die res van volgende week voortduur. Saai- en kleinveeboere word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku, weerman van die Namibië Meteorologiese Diens, gesels…