Rugby: Crusaders wil afrigter met sege groet
Rugby: Die Crusaders hoop om hulle hoof-afrigter vaarwel te sê met ʼn sewende agtereenvolgende Super Rugby Pacific-titel. Scott Robertson word die afrigter van die All Blacks nadat hy die beker elke jaar gewen het sedert hy in 2017 oorgeneem het. Al wat in die ’Saders se pad staan is die Chiefs wat in top-vorm is en môre tuis in Hamilton speel. Die besoekers verwag ʼn vyandige ontvangs. Volgens Robertson weet sy spelers maar te goed hulle betree die leeukuil. Daar is verskeie All Blacks in albei spanne.