NSFAF: Betaal jou studieskuld
Skuld is skuld en moet terugbetaal word, sê die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds. Dit volg nadat die Popular Democratic Movement se parlementslid Maximalliant Katjimune weier om sy studielening by die fonds te betaal. Hy het bygevoeg dat dit tyd is dat tersiêre onderrig gratis in Namibië verskaf word. NSFAF het Katjimune, en sy mede-LP’s Inna Hengari en Patience Masua met aanmaningsbriewe bedien om hul studieskuld aan die fonds terug te betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Kennedy Kandume, die fonds se uitvoerende hoof, gepraat vir ‘n kommentaar.