Namib Mills bring goeie nuus met prysdalings

Daar is goeie nuus vir Namibiërs met Namib Mills wat op Maandag 26 Junie ‘n prysverlaging op verskeie produkte sal instel. ‘n Verskeidenheid faktore het hierdie prysdalings veroorsaak, soos wêreldwye koringpryse wat in Amerikaanse dollar-terme gedaal het aangesien die Swartsee-graankorridor oop was vir die uitvoer van koring uit hierdie koring-produserende lande. Dit het gelei tot groter aanbod. Witmielie-pryse het gedaal as gevolg van ‘n toename in die Suid-Afrikaanse mielie-oesskattings met verwagtings dat daar genoeg mielies in die streek beskikbaar sal wees. Pryse van onder meer mieliemeel, kitsmieliepap en koringmeel sal sak. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, gesels…