Moody’s: Eskom het te veel kwessies
Die Amerikaans kredietgraderings-agentskap, Moody’s, sê Suid-Afrika se elektrisiteitstelsel sal vanjaar onder druk bly ten spyte van Eskom se pogings om die beskikbaarheid van energie te verbeter. Hy sê planne om die energiebeskikbaarheids-faktor teen Maart volgende jaar tot 65 persent en teen Maart 2025 tot 70 persent te verhoog, is ambisieus as die probleme in aanmerking geneem word. Moody’s sê die uitdagings wat vordering belemmer, sluit in kwessies met die voorsiening van steenkool, wanbestuur, gebrek aan vaardighede, diefstal en vandalisme.