HAN: Toerisme-besprekings stroom in
Volgens die Gasvryheids-vereniging van Namibië se toerisme-verslag van Mei het kamer-besettingskoerse op ‘n jaargrondslag met 11,4 persentasiepunte verbeter vanaf 39,4 persent in Mei verlede jaar. Europeërs was verantwoordelik vir 55 persent van alle toeriste aan landwye gasvryheids-instansies. Soos gewoonlik het die meerderheid toeriste, altesaam 30,9 persent, tydens Mei vanjaar van Duitsland, Oostenryk en Switserland gekom, gevolg deur 22,8 persent Namibiërs, 8,4 persent Franse en 8,3 persent Suid-Afrikaners. Volgens Simonis Storm is dit steeds ‘n aanduiding van herstel in die sektor. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê toekomstige besprekings lyk belowend.