FlySafair ontken noodlanding op OR Tambo

FlySafair het ontken die vlieëniers van een van sy vliegtuie het ‘n noodlanding op die OR Tambo-lughawe in Gauteng uitgevoer. Die lugredery sê hulle het slegs vir voorkeur-landing gevra weens ‘n vibrasie-waarskuwing toe die vlug vanaf Kaapstad begin daal het. Die lugredery sê ‘n enjin het ‘n effens hoër as gewoonlik vibrasie geregistreer, wat gelei het tot die versoek om voorkeur-landing. Die vliegtuig het veilig geland. Een van die 148 passasiers het aan Suid-Afrikaanse media gesê die kajuitpersoneel het hulle ingelig ‘n noodlanding sal uitgevoer word.