DA: Noord-Kaapse paaie-departement is op pad na nêrens

Die DA in die Noord-Kaap sê die provinsiale departement van paaie en openbare werke is veronderstel om een van die vernaamste bemagtigers van ekonomiese bedrywighede en dienslewering in die provinsie te wees. Die departement is veronderstel om te verseker provinsiale paaie word behoorlik onderhou en departemente, soos onderwys, gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, behoorlike geboue het vir inwoners om toegang tot staatsdienste in ‘n veilige omgewing te kry. Die DA-lid, Grantham Steenkamp, sê die provinsiale paaie is op ‘n gevaarlike manier vervalle.