BoN reageer op Metcalfe se brief oor huisleningskuld
Die Bank van Namibië het gereageer op die brief van die prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys oor die debakel oor huislening-skuld. Dit volg op ‘n geregtelike hersiening van die hofreël 108. Die reël laat die beslaglegging van eiendom vir wanbetaling toe. Met stygende rentekoerse is huishoudings toenemend onder druk en Metcalfe het aan die sentrale bank geskryf om aanpassings in die verband te maak. Metcalfe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en is beïndruk met die reaksie van die goewerneur van die bank, Johannes !Gawaxab.