Krylov, Engelbrecht verlof tot appèl geweier
Hoërhof-regter Claudia Claassen het vandag verlof tot appèl geweier aan die Russiese burger, Alexander Krylov, en sy Namibiese medepligtige, Anna Engelbrecht. Die twee is in Maart in die Windhoekse hoërhof tronkstraf van onderskeidelik 35 jaar en 25 jaar opgelê. Claasen het toe Krylov tot effektiewe tronkstraf van 35 jaar gevonnis op tien aanklagte van verkragting en tien aanklagte van mensehandel. Engelbrecht van Walvisbaai, wat skuldig bevind is op drie aanklagte van verkragting en vyf aanklagte van kinderhandel, is tot ‘n effektiewe tronkstraf van 20 jaar gevonnis. Krylov het erken dat hy gedurende 2017 met minstens vyf minderjarige meisies seks gehad het, maar het ontken dat hy enige van hulle verkrag het. Die twee het tereggestaan op 42 aanklagte van verkragting en mensehandel, benewens ‘n aanklag dat hulle minderjariges van sigarette voorsien het.