Trump se dokumente-saak sal na verwagting 14 Augustus begin
Die Amerikaanse distriks-regter van suidelike Florida, Aileen Cannon het volgens ‘n hofbevel ‘n aanvanklike verhoordatum van 14 Augustus in Florida vasgestel oor oudpresident Donald Trump se federale aanklagte van opsetlike berging van geklassifiseerde regeringsrekords en dwarsboming van die gereg. Die departement van justisie se spesiale advokaat in die saak, Jack Smith, het ‘n spoedige verhoor belowe vir die 37 aanklagte wat Trump daarvan beskuldig dat hy opsetlik geklassifiseerde regeringsrekords onbehoorlik geberg en die gereg belemmer het. Die vasgestelde verhoordatum vir Trump is nege dae voor die eerste Republikeinse presidensiële debat wat vir 23 Augustus geskeduleer is.