Kouefronte belemmer begrafnisse in die Kaap
Die Departement van Ontspanning en Parke in Kaapstad sê hy is daartoe verbind om begrafnisdienste te bied ongeag die omstandighede. Ongunstige weersomstandighede, insluitend deurdringende reën, het ʼn invloed op sommige begraafplaasbedrywighede gehad. Ondernemers en bedroefde families word gemaan om versigtig te wees in gebiede waar water opdam of waar dit glad is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, stel voor begrafnisse word op weeksdae gehou, met minder mense om opeenhoping te vermy: