Honduras-vrouetronk in opstand
‘n Noodtoestand is in Honduras afgekondig nadat minstens 41 mense dood is toe ‘n opstand uitgebreek het by ‘n vrouetronk in Tamara. Volgens berigte het ‘n geveg tussen twee bendes uitgebreek en een bende het ‘n sel aan die brand gesteek. Owerhede sê sommige slagoffers het skietwonde gehad. President Xiomara Castro, wat verlede jaar begin het om op bendes toe te slaan, sê sy is geskok oor wat sy beskryf as die monsteragtige moorde op die vroue en sy blameer magtige straatbendes vir die tragedie.