DBN betree energiemark met Bots-ooreenkoms
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ‘n finansieringsooreenkoms met Botswana se Norsad Capital aangegaan in ‘n ooreenkoms wat die bank sal posisioneer om ten volle deel te neem aan Namibië se hernubare energiesektor, asook om bekostigbare huislenings te verskaf. Die vennootskap sal verskeie beleggings geleenthede moontlik maak, insluitend in bekostigbare behuising en die finansiële sektor deur beleggings in bankwese, Versekering, mikrofinansiering en beleggingsfondse.Norsad Capital is ‘n impakbelegger en private kredietverskaffer. Sy uitvoerende hoof Kenny Nwosu sê aan The Brief dat daar tans ‘n verskeidenheid beleggingsgeleenthede in Namibië is, insluitend die hernubare energiesektor, infrastruktuur, landbou en agrisake. Die aankondiging kom na die Ontwikkelingsbank bekend gemaak het dat hy oorweeg om in die plaaslike groenwaterstof-projek te belê sodra dit tot stand kom.