Zambezi moet by droogtehulp ingesluit word

Die inwoners van die Kabbe Noord en Suid gebiede in die Zambezi-streek het moeilikheid. Beide droogtes en vloede het in die streek voorgekom so landerye het of uitgedroog of is oorstroom. Beide die gebiede is volgens berigte ook afgesny van nabye gemeenskappe as gevolg van vloedwaters. Die raadslid vir die Kabbe Noord-kiesafdeling Bernard Sisamu sê daar is 9 000 inwoners in sy gebied en hulle is almal geraak. Op die oomblik is die Zambezi-streek nie onder die streke wat droogteverligting ontvang nie en Sisamu sê dit is uiters belangrik dat die eerste minister die streek byvoeg of, dat ‘n ramptoestand in die verband verklaar word sodat inwoners bystand kan ontvang. Onvoorspelbare weerstoestande raak al hoe meer gemeenskappe in die land.