Wêreldverdrag oor beskerming van die oop see

Die Verenigde Nasies gaan die wêreld se eerste internasionale verdrag aanvaar wat daarop gemik is om die oop see te beskerm. Die Verdrag oor Biodiversiteit Buite Nasionale Jurisdiksie stel ‘n wetlike raamwerk daar om omgewingsbeskerming na internasionale water uit te brei. Daar is tans onvoldoende regulasies en beskerming vir die oop see en die nuwe verdrag gee aandag aan hierdie leemte en om afgeleë ekostelsels te beskerm. Die verdrag sal ook vereiste omgewingstudies instel vir voorgestelde bedrywighede wat in internasionale water uitgevoer moet word.