Swapo begaan fout met olie-lesse uit Angola – kenner
Reaksie word ontvang op die noue samewerking tussen Namibië en Angola in verband met die plaaslike olieontdekking. Die adjunkminister van myne en energie Kornelia Shilunga is die week in Angola op ‘n werksbesoek en verskeie ooreenkomste word onderteken. Die buurland se energieminister, Diamantino Azevedo het in April besoek afgelê en gesê Namibiese olie is ‘n seën en sal nie die gaping tussen arm en ryk groter maak nie. Maar Angola se rekord met sy olie is uiters swak en volgens Eben de Klerk, ‘n navorser van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, is die samewerking glad nie ‘n goeie idee nie.