Shifeta maan teen dobbelverslawing
Die toerismeminister Pohamba Shifeta waarsku Namibiërs teen dobbelverslawing. Hy het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die huidige status, implementering en uitdagings met betrekking tot die nuut geïmplementeerde lotery- en dobbelwet. Hy sê talle mense het al selfmoord gepleeg of hul gesinne in armoede gedompel weens dobbelverslawing. Shifeta sê daarom moet die dobbelwette streng gereguleer word.