Rugby: Cravenweek o.18 verskuif weens reën

Rugby: Die organiseerders het besluit om die Cravenweek vir seuns Onder-18 na Outeniquapark in George te verskuif. Die toernooi skop op 3 Julie af en duur tot die 8 Julie. Dit was aanvanklik geskeduleer om by die Hoërskool Outeniqua in George plaas te vind, maar die skool se veld sal nie die swaar werkslading kan hanter nie weens aanhoudende reën die afgelope weke. Die Hoërskool Outeniqua, wat vanjaar sy eeufees vier, gaan wel Saterdag 8 Julie nog vier wedstryde op hul C-veld aanbied.