Smit-prokureur: Loteryewet is baie breed
Die prokureur van sogenaamde Multi Million Online Real Estate Lotery, die Namibia Property Raffle-projek van Basil Smit sê die Loteryewet is baie breed. Die program behels Amani Lodge en Burgs View Boutique Hotel wat glo 29 miljoen Namibiese dollar werd is en met ’n lottotrekking gewen kan word. Die toerismeminister Pohamba Shifeta het vandag tydens ‘n mediakonferensie oor loterye en dobbelary gesê sonder ‘n lisensie is die lotery onwettig. Hy het Smit aangeraai om deur sy regsverteenwoordigers weer aansoek te doen. Smit se regsverteenwoordiger, Jané Louw het na afloop van die konferensie met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.