Mededingingskommissie handel nog ‘n suksesvolle ondersoek af
‘n Skikkingsooreenkoms is deur twee maatskappye na afloop van ‘n ondersoek van die Namibiese Mededingingskommissie aangegaan nadat bevind is hulle is skuldig aan nie-mededingende gedrag. Dit volg ná die twee maatskappye, Maxes Office Machines en Riso Africa ‘n eksklusiewe verspreiders-ooreenkoms aangegaan het. Beide Maxes en Riso het ‘n ooreenkoms met die kommissie aangegaan om ‘n totale skikkingsbedrag van 341 601 Namibiese dollar elk te betaal. Dit sluit ‘n boete van 273 280 dollar elk in, asook die ondersoek-koste van die kommissie van 68 320 dollar wat binne 24 maande betaal moet word. Dina //Gowases, woordvoerder van die kommissie deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…