Saak van medebeskuldigdes in Bester-saak uitgestel
Die landdroshof in Bloemfontein het die saak teen die agt medebeskuldigdes in die Thabo Bester-saak tot 8 Augustus uitgestel. Beskuldigde nommer 9, Zanda Moyo, het in hierdie stadium sy borgtog-aansoek laat vaar sodat sy prokureur kan bevestig of hy vorige veroordelings het. Nandipha Magudumana se pa, Zolile Sekeleni, het intussen die hof versoek om hom uit te sluit van die volgende verskyning weens die afstand om na die hof te pendel. Landdros Mohlolo Khabisi het die versoek verwerp.