Kyrgios onttrek uit Halle, wil vir Wimbledon voorbereiJune 20, 2023
Die Australiër Nick Kyrgios sê hy wil homself elke moontlike geleentheid gee om gereed te wees vir Wimbledon. Die 28-jarige speler het hierdie week aan die Halle Ope onttrek weens ‘n knaende kniebesering. Hy het verlede jaar ‘n operasie aan sy linkerknie ondergaan en het die afgelope vyf maande slegs een wedstryd gespeel. Kyrgios, wat verlede jaar in die Wimbledon-eindstryd teen die Serwiër Novak Djokovic verloor het, sê hy wil alles reg doen sodat sy liggaam gereed is om mee te ding by die All England-klub.