Krieket: Eerste Wêreldbekertoernooi vandag 50 jaar gelede gespeel
Krieket: Die heel eerste Wêreldbeker-toernooi het vandag 50 jaar gelede begin. Dit was die vroue-toernooi wat vanaf 20 Junie 1973 in Engeland plaasgevind het. Engeland het die toernooi gewen toe hulle Australië op Edgbaston met 92 lopies geklop het. ʼn Vroue-toernooi op die wêreldverhoog voor daar ʼn toernooi vir mans was, is uniek in internasionale sportgeleenthede. Die eerste Wêreldbeker-toernooi vir mans het twee jaar later plaasgevind, in 1975, ook in Engeland. Die Windies is tot kampioen gekroon nadat hulle Australië in die eindstryd verslaan het.