Gauteng bestee net meer as ‘n derde van beskibare fondse vir biblioteke

Die DA in Gauteng sê dis kommerwekkend dat die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning net 39,3 persent van sy toelaag vir gemeenskapbiblioteke gebruik het. Dit word toegeskryf aan vakante poste by Gautengse biblioteke en vertragings met die instelling van infrastruktuurprojekte. Wildri Peach van die DA sê biblioteke kan nie hulle belangrikste mandaat vervul en seker maak gemeenskappe het toegang tot inligting as hulle nie ten volle toegerus is nie: