Engeland, Frankryk behou perfekte rekord in Euro 2024-veldtog
Bukayo Saka van Arsenal het die eerste driekuns van sy loopbaan behaal toe Engeland Noord-Masedonië op Old Trafford met sewe-nul verpletter het. Hulle het daarmee hulle vierde oorwinning in die kwalifiserende veldtog vir die Euro 2024 behaal. Kylian Mbappe het met ‘n strafskop geslaag en Frankryk het Griekeland met een-nul geklop om hulle perfekte rekord te behou. Hulle is eerste in Groep B en ses punte voor Griekeland. Ierland het sy eerste punte aangeteken met ‘n gemaklike drie-nul-oorwinning oor Gibraltar. Die moontlikheid dat Wallis egter outomaties sal kwalifiseer, raak al skraler ná hulle twee-nul-nederlaag teen Turkye.