Dis die Warriors teen Burundi… om vir Afcon te kwalifiseer
ʼn Plek in vanjaar se Afrikabekertoernooi is vanmiddag vir Namibië op die spel in die nasionale senior sokkerspan, die Brave Warriors se kwalifiseerder teen Burundi in Dar-es-Salaam, Tanzanië. Indien die span wen, sal ons heel bo in Groep C eindig. Die Warriors het twee stewige vertonings teen Kameroen gelewer met ʼn oorwinning en ʼn gelykop-uitslag, om onoorwonne te bly. Afrigter Collin Benjamin het sy spelers aangemoedig om die geleentheid aan te gryp om slegs die vierde keer in die geskiedenis hulle plek in die vasteland se spogkompetisie te bespreek: