Die As: Aussies kort 174 lopies

Die snelbouler Stuart Broad het gister laat op die vierde dag twee belangrike paaltjies platgetrek om Engeland vandag op die laaste dag van die eerste As-toets teen Australië op Edgbaston ‘n effense voorsprong te gee. Die besoekers het die tuisspan in hulle tweede beurt op 273 uitgeboul. Daarna het David Warner en Usman Khawaja gesorg vir ‘n aanvangsvennootskap van 61 voordat Warner deur Ollie Robinson vir 36 uitgehaal is. Broad het toe Marnus Labuschagne en Steve Smith se paaltjies laat kantel om Australië op 107 vir drie te laat. Hulle kort dus 174 lopies vir ‘n oorwinning.