Buitelanders geniet nie gelyke behandeling in SA nie
Die Menseregte-instituut in die buurland het die ANC-regering van ongelykheid beskuldig ten opsigte van pogings om buitelandse burgers te dokumenteer. Dit volg nadat inwoners van Tshwane die strate ingevaar het uit verset teen ongedokumenteerde migrante. Betogers het onder andere gesê die migrante bedryf ondernemings in Suid-Afrika sonder om belasting te betaal. Die instituut se woordvoerder, Corlett Letlojane, sê die regering is deels skuldig oor Suid-Afrikaners se reaksie: