Boris is sy toegang tot die parlement kwyt

Britse parlementslede het gestem om ‘n verslag te aanvaar wat bevind het die voormalige eerste minister, Boris Johnson, het die Laerhuis doelbewus mislei oor partytjies wat tydens die inperking by Downingstraat 10 gehou is. Slegs sewe LP’s het teen die verslag gestem teenoor 354 wat ten gunste daarvan was. Johnson is nou sy spesiale toegang tot die parlement kwyt. Die gewese eerste minister Theresa May het tydens ‘n debat voor die stemmery gesê ondersteuning vir die verslag sal ‘n klein maar belangrike stap wees om mense se vertroue in parlementslede te herstel: